|
BRONWYN
Bronwyn tree op as n "One Girl Band" in pubs, klubs en korporatiewe funksies vir die afgelope 17 jaar. Sy het al oorsee opgetree vir verskeie Korporatiewe Maatskappye, het vertonings en kontrakwerk vir die meeste Groot Casino’s en Luxury Cruise Liners gedoen. Sy sing n verskeidenheid van die 60’s tot die hedendaagse treffers in Afrikaans sowel as Engels tesame met haar acoustiese kitaar. Bronwyn kan enige partytjie in n ontploffling laat ontaard en kan optree saam met n twee,drie of vierstuk groep.
|
|
ETIENE DE KOKER
Etiene het op n baie vroe ouderdom begin sing. Sy liefde vir musiek het daartoe gelei dat hy vir baie sangkompetisies ingeskryf het en sedertien Vermaak hy mense met sy wonderlike stem en baie lewendige verhoogpersoonlikheid. Etiene is life daarvoor om aan die gemeenskap terug te gee en doen liefdadigheidsoptredes sowel as enige tipe funksie denkbaar, van verjaarsdae tot troues. n Wonderlike genotvolle talent om te sien. Etiene gaan nog ver gaan in die Suid Afrikaanse musiekbedryf met sy heserige stem soos Steve Hofmeyr.
|
|
JACQUES CILLIERS
Jacques het n kitaar ontvang vir sy 19de verjaardag en die res is geskiedenis. Hy word net al beter met die tyd. Vandag is hy n baie gewilde musikant wat jou dalk mag versa met sy musiek. Hy het al opgetree saam met van die land se beste kunstenaars. Hy kan basies enige tipe musiek doen. Hy het al 5 cds gemaak wat hy by sy vertoning verkoop.
|
| | |