Musiekvideo

Bemarkingsfoto

Luistersnit!

Verkorte CV

Jennifer Zamudio was al bestempel as een van die "mees stylvolste" vroulike kunstenaars en ook "die vrou met die ontwerperstem"! Of dit nou op die verhoog, op haar albums of selfs sommer net in haar alledaagse doen en late is ... Jennifer Zamudio se energie is aanvoelbaar én aansteeklik.

Ja, waar dié gewilde Afrikaanse donkerkop sangeres met die Spaanse van (foneties: ZA-MOE-DIE-HOU), haarself bevind, is ‘n gróót partytjie gewoonlik kort op haar hakke. Jennifer is veral bekend vir haar treffers Hart se loper en Hoor Hoor en is al die afgelope agt jaar ‘n bekende in die musiekbedryf. Nou met die uitreiking van haar nuutste en sesde cd, Hier’s my hart , het sy behoorlik die musiekbedryf én die land aan die gons. Hierdie nuwe cd word reeds deur van die Afrikaanse musiekresensente verwys as "een van die beste cd produksies van die jaar".

Sy word genomineer vir 'n Rapport / Vonk Afrikaanse Musiektoekenning as Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar, 2009!

Verkorte CV

Kliek op die swart blokkie!

Luistersnit!

Bemarkingsfoto

Musiekvideo

Kliek op die swart blokkie!

Gary Forwood het sy sangloopbaan in 1987 begin. In 2005 sing hy by n privaatfunksie waar iemand hom die geleentheid aangebied het om by die opening van n winkelsentrum Equestria se amptelike opening te sing. Na die optrede was hy nog n optrede aangebied waarna sy loopbaan met n "Bang" aan die gang gekom het! Hy beskik om die vermoee om mense se aandag te trek nog voor hy op die verhoog gaan.

Sy wye repertoire verbaas al wat luisteraar is. Hy stel baie hoe standaarde aan enige musikant wat ongelukkig genoeg is om na hom op die verhoog te gaan. Dit is nie maklik om mee te ding met sy eerlike interaksie met die gehoor en musicale perfeksie nie. Hy beskik oor die vermoe om die gehoor aan sy lippete laat hang.